Vreugde Olie, of Oil of Gladness se storie begin met ’n geskenk van ’n vriendin in Februarie 2020.
Net voor die Covid grendeltyd, wat as ek terugkyk, baie “significant” was. ’n Kosbare Klein botteltjie mirre-olie vanaf Israel. God het vir haar gesê om dit kerk toe te bring, onwetend vir wie sy dit moes gee. Tydens die diens het die Here vir haar gewys dit is vir my.
Ek was dankbaar en het gewonder waarom, maar het aangegaan met my allerdaagse lewe. Nie lank daarna nie, in Mei 2020, was ek blootgestel aan essentiële olies. Ek het die gesondheids-waarde van die olies begin beleef, en het die gebruik van die verskillende produkte geniet.
Ek is in wese, ’n gekwalifiseerede verpleegster en ’n berader van emosionele genesing. Ek het nog altyd geroepe gevoel om mense gesond te maak. Ek is ook net ’n gewone ma van 2 volwasse kinders, en onlangs ouma van ’n kleindogter.
Ek het in Montagu groot geword waar ek ’n pad met die Here begin stap het, maar is die afgelope 31 jaar woonagtig in Oudsthoorn. A.g.v moeilike huislike omstandighed het ek al jonk my hart vir die Here gegee, en Hy het in my die begeerte gegee om mense te help. God neem my op hierdie pad van inspirasie om vir die Liggaam van Christus ’n salwingsolie te maak.
Openbaring 22: 2 Die blare van die bome bring genesing vir die nasies.
Nadat ek God gevra het vir bevestiging, het ek waarlik twee Sondae in ’n boodskappe ontvang oor die simboliek van olie in die Bybel. Met hierdie bevestiging het ek die taak aangepak. Ek is glad nie ’n kreatiewe persoon nie, en ek het geweet alles sal deur die Heilige Gees aan my geopenbaar moet word. Ek het God gevra om vir my die resep, die naam, skrif, asook die “logo” te gee. En waarlik, Hy gee my Ps 45 : 8 Afr 1933 vertaling
“Daarom het, o God, U God U gesalf met vreugde olie bo u metgeselle.” En ook in Heb 1:9.
So is “Vreugde Olie” gebore. God wys my dat die Liggaam van Christus, Sy Bruid, veral in hierdie tye waarin ons leef, Sy vreugde nodig het om ons sterk te maak. Ons moet daagliks onsself in ons stiltetyd, hiermee salf. ’n Druppel in ons hande gooi, dit ruik, en so die werking van die olies beleef.
Die hoof bestandeel van die Vreugde Olie, is wierook. Jesus se verjaarsdaggeskenk. Dis asof Jesus hierdie geskenk nou met ons deel. Vir ’n tyd soos hierdie. “The joy of the Lord is my strength.”
Kortliks oor die logo, wat ’n spekbostakkie moes wees. In 2019, het God my aandag kom vestig op al die kwaliteite van ’n spekboom. Asook dat ons as kinders van God, soos ’n spekboom moet wees. Wat in droogtetye kan oorleef, gehard, maar ook ge-nesing in sy blare het met die vrystel van suurstof, asook goeie bron van vitamien C in sy blare het.
Ek glo dat al hierdie komponente bymekaarkom. As ons ons-self daagliks voed met die woord en Sy lewende water, dan kan ons Sy aangename geur versprei, wees soos ’n spekboom. Daagliks versterk en geïnspireer met Heilige Gees, en Sy vreugde.
God se intensie met die olie bly my hart vir die Bruid. Mag die olie u sëen met ’n dieper geestelike ervaring, en gefokus hou op Jesus ons Koning en voorbeeld, om in vreugde die wêreld deur Sy Koningskinders te bereik.
Die olie was ook net die begin. Ek glo omdat ek gehoorsaam was, kon God my vertou met nog resepte en simboliek vir Sy Bruid. ’n Handeroom, voetbalm, lipbalm, profetiese pakkie, salwings olie vir swanger mamma’s om haar ongebore baba te salf, ’n gliseriensepie, en die heel nuutste, ’n gegeurde kers.
Alles met heilige gees geinspireerde resepte. Alles word gemaak met die oorspronklike Vreugde Olie resep, en suiwer natuurlike produkte. Die heilige gees het my heeltyd gewys, net die beste vir Sy bruid. En na alles, verstaan ek die mirre-olie.
Dit was ’n profetiese geskenk, vir wat God in gedagte gehad het. Humbled by His goodness and Glory. Vandag is ek ’n getuie, van wat ’n kreatiewe God kan doen in en deur ’n mens, as mens gehoorsaam is. Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae. Fil 2:13
Vreugde Olie – Ps 45:7-8 Vir daaglikse gebruik tydens stiltetyd – Ons is Jesus se geur.
Handeroom – Jes 49:16 – Ons Naam is in Sy hande gegraveer. Ons is Jesus se hande.
Lip Salf Spre 18:4 – ‘n Man se woorde kan diep waters wees, ‘n borrelde fontein waarheid wysheid vloei. Spreek dus lewe.
Voet salf – Efe 6:15 Trek die bereidheid om die goeie nuus te verkondig aan soos skoene aan jul voete. – kan ook gebruik vir voete was en salf.
Mom to Be: Profetiese Pakkie- Alleentyd saam met Jesus – Markus 1:35 Hy (Jesus) het na ’n stil plek gegaan om alleen te wees en Hy het daar gaan bid.
Miracle balm – Openbaring 22:2 En die blare van die bome gee genesing aan die nasies.
Gegeurde Kerse- Matt 5:16 – “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!”
Lees meer oor al die Vreugde Olie produkte en getuienisse op ons Facebook blad: “Oil of Gladness”
Produkte is ook by So Nice, geskenkwinkel in Oudtshoorn, Keikie babawinkel in Mosselbaai in Langeberg Mall, asook www.vreugdeolie.co.za beskikbaar om te koop. (Deur Elizma Verwey)
Lofprysing in Oudtshoorn
Inwoners het op die grasperk langs die CP Nel Museum, Vrydagaand bymekaar gekom vir ’n lofprys- en aanbiddingsessie. Foto verskaf
DIE Spiritual Crime Prevention Forum (SCPF) het Vrydagaand, in same- werking met die AGS Klein Karoo Gemeente ’n lofprysingsaand gehou om vir Oudtshoorn te bid en God se woord oor die dorp te spreek!
Die Lofprysings het 18:00 begin. Pastoor Francois Mattheüs en sy musiekspan het die verigtinge gelei deur liedere te sing. Ranger Grebe van SCPF het gedurende die aand skriflesing uit
Deuteronomium 28: 1-14 gelees wat hy as ’n Seëngebed oor Oudtshoorn gespreek het. Die lofprysingsaand is ondersteun deur versklillende groeperings van Oudtshoorn se inwoners.
Hierdie is deel van nog vele geestelike bewegings om herstel en hoop terug te bring na ons pragtige dorp en sy mense!
God Seën Oudtshoorn. (Deur Ranger Grebe)
Deuteronomium 28:1-14 (NLV)
“As jy ten volle gehoorsaam is aan die Here jou God en die opdragte nakom wat ek jou vandag gee, sal die Here jou God jou bo al die nasies van die wêreld verhoog. “Al hierdie seëninge sal oor jou kom en by jou bly wanneer jy die Here jou God gehoorsaam: In jou stede en in jou oop velde sal jy geseën wees. Jy sal geseën word met baie kinders en goeie oeste. Jy sal geseën word met vrugbare beeste en kleinvee. Jy sal geseën word met mandjies wat oorloop van vrugte en jou knieskottel sal vol brood wees. Jy sal geseën word waar jy ook al beweeg, of jy nou kom of gaan. “Die Here sal jou vyande oorwin wanneer hulle jou aanval. Hulle sal jou vanuit een rigting aanval, maar hulle sal in sewe rigtings wegvlug. Die Here sal jou seën in alles wat jy doen en Hy sal jou graanskure vol maak met graan. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. “As jy die opdragte van die Here jou God gehoorsaam en doen wat Hy wil hê, sal die Here jou sy heilige volk maak soos Hy beloof het Hy sal doen. Al die nasies van die wêreld sal sien dat die Here jou sy volk gemaak het en hulle sal in vrees en bewing voor julle staan. “Die Here sal ’n oorvloed van goeie dinge vir jou gee in die land wat Hy aan jou voorouers belowe het: baie kinders, talle diere en goeie oeste. Die Here sal uit sy ryk voorraadskuur, die hemel, dit op die regte tyd laat reën om al die werk wat jy doen, te seën. Jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal nooit nodig hê om van hulle te leen nie. As jy luister na hierdie opdragte van die Here jou God wat ek vir jou gee en dit noukeurig nakom, sal die Here jou die kop maak en nie die stert nie. Jy sal altyd die leiding neem. Moenie links of regs afwyk van enige van hierdie opdragte wat ek jou vandag gee deur ander gode na te volg en hulle te aanbid nie.”
