Café Brûlé, ’n nuwe vars Franse Flair

Van die heerlike nuwe spyskaart items beskikbaar by Café Brûlé

As jy lus is vir vars Franse cuisine, is Café Brûlé die plek om te wees.

Dié Bistro, by die Queens Hotel, in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn het Dinsdagaand gaste bederf met ’n voorskou van hul nuwe spyskaart.

Terwyl gaste aan die nuwe kos-items gesmul het, is hul vermaak deur die strelende klanke van Jaco Kriek se saxofoon, wat bygedra het om ’n ontspanne en rustige atmosfeer op die stoep te skep. Die spyskaart se slim ontwerp, laat toe dat elke dis as vol porsie, of in canapé-grootte vir funksies, bedien kan word, om aan elke gas en kliënt se behoefte te voldoen.

Van die nuwe soet-en soutdisse sluit ’n verskeidenheid vulsels in, ook beskikbaar in vegetariese opsies. Daar is Bagels, (Bagels is ’n brood rolletjie wat in die Joodse gemeenskap van Poland sy ontstaan gehad het), Bobotie-, Kerriehoender- of vegetariese pasteie.

’n Verskeidenheid quiches, vars wraps, croissants (sjokolade, amandel of gewoon), vars vrugte tertjies sowel as koek en kolwyntjies.

Gunstelinge soos hul vars scones, muffins, lemon meringue, sjokolade brownies en wortelkoek, om net ’n paar te noem, is steeds op die spyskaart.

Daar is ook ’n nuwe spyskaart vir hul drinkgoed, met ’n groot verskeidenheid spesialiteit koffies, en selfs gegeurde koffie opsies, vrugte smoothies en koeler opsies vir warm somerdae.

Besoek hul gerus om al die nuwe en heerlike opsies te besigtig wat deur Chef Dion Lopez, spesiaal vir Oudtshoorniete aanmekaar gesit is.

Die stoep is daagliks oop vir alle besoekers, maar kan ook bespreek word vir intieme funksies. Jou gunsteling dis is ook beskikbaar in ’n wegneem opsie, om by die huis te geniet.

Café Brûlé is Maandae tot Saterdae van 07:00 – 16:00 en Sondae van 07:00 tot 15:00 oop.
Kontak hul by 044 279 2412.