Die Groter Oudtshoorn se nuwe raadslid, Marcellis Theyse (regs), is verlede Vrydag by ’n spesiale raadvergadering as die nuwe raadslid vir Wyk 13 ingehuldig. Theyse het op 30 Mei die wyk vir die DA in ’n tussenverkiesing behou. Hier is Theyse tydens sy inhuldiging in die raadsaal in die munisipale gebou saam met ds André Boezak. Foto: Wyndham Ewerts