Oudtshoorn se nuwe raadslid, Calvin Gertse, is verlede Donderdag by ’n spesiale raadsvergadering van die Oudtshoorn Munisipaliteit deur ds André Boesak ingesweer as nuwe ANC-raadslid in die plek van Magdaleen (Maggie) Titus. Titus is deur die ANC gevra om as raadslid te bedank omdat sy tans in Worcester woon. Foto: Garnett Wicomb