Tronkstraf vir sibbes na verkoop van motor wat pa moes herstel

Deur Garnett Wicomb
’N BROER en suster van Oudtshoorn wat ’n motor verkoop het wat hul pa moes herstel, is verlede week in die Oudtshoorn Streekhof aan voertuig­diefstal skuldig bevind en tronkstraf opgelê.

Streeklanddros Ntsoki Moni het bevind dat Shane Davids en Abigail Mzimande nie die reg gehad het om die motor van April Botha van Mosselbaai vir R2 500 te verkoop nie.

Davids en Mzimande se verweer dat hulle binne hul regte opgetree het, is deur die hof verwerp.
Davids, met 10 vorige veroordelings, is tot vier jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Mzimande is tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan die helfte voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

Hyron Goulding was die aanklaer in die saak terwyl Wenzel Botha van die plaaslike regshulp­raad namens die twee beskuldigdes verskyn het.