SMS’e van lesers

Dear Mr Mayor, in conflict with Minister Anton Bredell’s EIA ruling, no flight operations are permitted over town after 6:00 pm. Yet tonight, as confirmed by Aifa’s flight ops pilot Mr Johan Fourie, he has been instructed by Aifa’s operation manager, Mr Chris Eberson, that such operations have been authorised by him for Aifa to conduct night circuit flying over residential Oudts­hoorn? Please advise why? Lizanne Pelham
*****
Oudtshoorn word nou gevaarlik… Leerling-vlieëniers doen reeds nagvlugte wanneer die res van die dorp wil slaap. K Gouws, Oudtshoorn.                                                                                                                                 *****

Wonderlik om te sien hoe die munisipaliteit en kontrakwerkers die begraafplase in Condorstraat skoonmaak. Verstaan kontrakwerkers se tyd is om, pleit asseblief om kontrakte te hernu, omdat erfenis bewaar moet word.
*****

Ek wil graag aansluit by Nico Ungerer se brief oor morsige mense. Nico, doen jouself ’n guns en kom kyk hoe dit by Adderleystraat-suidend se kant lyk. Die Tiep is ’n paleis teenoor daardie plek. Bel ek munisipaliteit toe, is die base met die groot sala­risse altyd in ’n vergadering of hulle eet. Maar eendag gaan die bom bars en moenie dan hardegat raak nie. Vat die pak soos ’n man. Ek maak nie meer grappies nie. Diknek
*****

Dit was al na sononder toe ek gisteraand Hoopstraat af ry. Toe ek by die kerk in Adderleystraat wegtrek, kom ’n klein seuntjie met ’n trapfiets van die suidekant los oor die stop verby. Dit verbaas my dat daar ’n valse gerustheid in ons dorp is. Wetteloosheid is aan die orde van die dag. Ja, ek is seker outyds, maar dis elke ouer se verantwoordelikheid om pa te staan vir hul kinders. Kyk hoeveel kindertjies staan in die strate rond en bedel. Intussen gaan mense voort met sogenaamde jaarlikse finansiële inspuitings vir ons dorp en daar word baie geverf vir om feesgangers vanuit ander plekke te bluf terwyl sommige met vol sakke wegstap en dubbele standaarde gehandhaaf word. Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan. Hy is die een wat damme in oomblikke kan laat oorloop. Hy is die een wat voorsien. Prys Hom. Maranata, Kobus
*****

Morsjorse 1 en 2. Tien uit tien vir mnr Nico Ungerer. U moet asseblief op die Groter Oudtshoorn-raad kom. Dina.
*****

Ek stem saam met Nico – kyk hoe lyk die pad na George. Vullis en bossies langs die pad en waar is die dromme waar jy jou vullis kan gooi? Nêrens nie.
*****

Aan die persoon met die rooi karretjie wat so gerem het dat sy tyres amper aan die brand geslaan het en amper die kar omgegooi het – as jy by die spoed gehou het, sou jy nie so geskrik het nie. Ek was vêr van jou af. Die spoedbeperking is 60 kilometer in die dorp!
*****

Ek wil asseblief weet wanneer gaan die munisipaliteit die gat in Parkweg tussen Bloem- en Oranjestraat kom regmaak of toemaak waar ’n wa­ter­- pyp herstel is? Die klippe wat uit die gat gery word, spat teen my nuwe voertuig. Wie gaan pa staan vir daardie skade?
*****

Dankie aan die DA vir die nuwe padoppervlak na die verkeersdepartement. Daar is nog potholes in die parkeerarea.
*****

Die dame met die Famsa-voertuig wat so op en af jaag in Andrew Bainstraat – asseblief, jy is onverskillig!
*****

Dankie aan die munisipaliteit wat geboue beskikbaar stel vir haweloses. Kan ons hoop en bid dat dit ’n verskil sal maak aan die optrede en lewens van kinders wat in ons dorp se strate aktief is, betrokke is by dwelmmisbruik en diefstal, van die dorp se besighede terroriseer, en toeriste en van die inwoners te bang maak om op sekere plekke te loop. Hierdie is ’n yslike probleem vir ’n dorp wat oor die jare bekend geraak het vir sy veilige en misdaadvrye strate.