Woeste rukwinde waai reuse-bloekom plat!

Sterk rukwinde wat Dinsdagaand oor bykans die hele Wes-Kaapse binneland begin waai het en erge skade op baie plekke aangerig. Op Oudtshoorn is verskeie groot bome omgewaai, soos hierdie groot bloekomboom in Schoemanshoek langs die pad na die Kango Grotte wat heeltemal uit die grond geruk is. Talle kragonderbrekings het in verskeie dele van die Groter Oudtshoorn en Kannaland voorgekom met munisipale kragnetwerke asook Eskom-lyne wat deur die wind beskadig is. Foto: Robert Koen