Vyf gelukkige lesers kan dubbel-kaartjies wen na Liewe Heksie se nuutste avontuur, wat in Oudtshoorn te sien sal wees by vanjaar se KKNK.
Haai oe julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie “Strictly come dancing”? Weet sy dan ooit wat ‘n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil so graag haar kloutjies daarop kry, sodat al die blomme in Blommeland kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die “Silwerpapawer” met haar lewe.
Wanneer Margit Meyer-Rödenbeck (Levinia, teks en regie) en Deon van Zyl (Karel Kat, Geelheks, Ko-ning Rosekrans) Verna Vels se stories vir die verhoog verlewendig, spring hulle met mag en mening in en so ook die gehoor, want daar is hope gehoordeelname. Hierdie duo wat Verna Vels se verhale verlewendig, is al talle kere genomineer vir beste kinderteater (kykNET Fiësta & Fleur du Cap) en het twee keer die KKNK KANNA toekenning vir hierdie genre ontvang.
Moet dus nie jou kans misloop om hierdie opwindende nuwe produksie in lewende lywe te sien nie. Stuur ’n WhatsApp met jou naam en die antwoord na 076 606 2554. Kompetisie sluit 14 Maart 2025.
Vraag: Hoeveel rolle speel Deon van Zyl in vanjaar se produksie van Liewe Heksie en die Wals?
