Die sekuriteitsfirma, GAP Management, het Dinsdag 18 Februarie rugby- en sokkertruie, hemde en sportbroeke aan ongeveer 75 spelers van vyf behoeftige skole oorhandig.
Die afrigters van die spanne het ook rugsakke vir spanbenodighede ontvang.
Leerders en onderwysers van Laerskool Bergsig, Aurial-kollege, Rooiheuwel Primêr, Eljada-Kairos en Dysselsdorp Sekondêr het die sportklere by ’n geleentheid in Eljada-Kairos se saal ontvang.
Volgens Clarice Louw, projek-koördineerder by GAP Management, is hierdie skenking deel van hulle gemeenskapsbetrokkenheid en verbintenis om sport onder die jeug te bevorder. (HANNES VISSER)
Vyf skole ontvang sportklere
Met die oorhandiging aan Rooiheuwel Primêr is, van links: Leroy Ligman (areabestuurder van Gap Management), Cyril Alexander (opvoeder), John de Laan (skoolhoof) en Clarice Louw (projek-koöidineerder van GAP)
Foto’s: Hannes Visser