Weermag stel uitpasseer uit

Foto: Hoorn Argief

Die Infanterieskool in Oudtshoorn se Uitpasseringsparade wat op die 5de Julie sou plaasvind, is uitgestel na 6 September, as gevolg van omstandighede buite die Infanterieskool se beheer.

Dit is volgens ’n brief wat aan die rekrute se ouers en familie op die 3de Junie uitgestuur is.

Die skrywe vra ook dat alle reis en akkommodasie reëlings diensooreenkomstig verander moet word.

Die rekrute sal nog steeds hul langnaweek op die 6de Julie ontvang. (Deur Lindi Brill)

Be the first to comment on "Weermag stel uitpasseer uit"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*