Karoo Pak amptelik geopen

Bo links is Cosmas Mamhunze (USAID Africa), Marita en Gerhard Meyer (Karoo Pak), Me-mory Booysen (distriksburgemeester: Garden Route District Municipality), Frances Fraser (USAID Africa), Chris Macpherson (burgemeester van Oudtshoorn) en Passmore Dongi (voormalige projekbestuurder by die distriksmunisipaliteit en nou by Nelson Mandela Bay waar hy die adjunkdirekteur van landbou en varsprodukte is). Foto’s: Knipoog fotografie

KAROO Pak, geleë op die granaatplaas Celebratio, se granaatprosesseringsaanleg is Maandag amptelik geopen.

Die aand is bygewoon deur sowat vyftig gaste wat bestaan het uit produsente, verteenwoordigers van USAID / Prosper Africa, die Wes-Kaapse departement van landbou, Wesgro, amptenare van die distriksmunisipaliteit, plaaslike munisipaliteit asook diensverskaffers.

Memory Booysen, die uitvoerende burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (Garden Route District Municipality) en Chris Macpherson, burgemeester van Oudtshoorn ontvang ’n blyk van waardering van Marita Meyer van Karoo Pak.

Bo: Die Wonderful-granate van plaaslike produsente wat nie vars uitgevoer of verkoop word nie sal by dié aanleg verwerk word as granaatsap, ’n granaatstroop (reduction), granaat “port” asook granaatroomys. Die volle waardeketting bly dus in die hande van die produsente.