’n Harde reënbui Maandagmiddag het inwoners van Oudtshoorn en omgewing die goeie ou dae voor die huidige droogte laat onthou. By die ingang na die Queen’s Mall vanuit Voortrekkerweg het die water sommer lekker gestroom. Reënval in die streek het gewissel. Tussen 6 mm en 10 mm is op Oudtshoorn gemeet. Foto: Higgo Jacobs