Vyf jaar vir poging tot moord

’N 30-jarige man van Blomnek De Rust, wat ’n man met ’n klip teen sy kop gekap, en hy vir drie weke behandeling in die Grootte Schuur hospitaal moes kry, is verlede week in die Oudtshoorn streekhof vir vyf jaar tronktoe gestuur.

Gradwell Cloete se getuienis dat hy nie bedoel het om vir Alfredo Draai dood te maak nie, is deur die hof verwerp en hy is aan poging tot moord skuldig bevind.

Hy het Draai op 2 Julie 2022 met die klip teen sy kop gekap omdat hy kwaad geword het toe Draai hom glo geskel en gedreig het om hom aan te rand.

Hy het erken dat Draai kon sterf en sy eie lewe nie in gevaar was nie.

Streeklanddros Sylvia Mandla het bevind dat Cloete ’n storie opgemaak het wat hoogs onwaarskynlik is, en hy die direkte opset gehad het om Draai dood te maak

Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. (Deur Garnett Wicomb)