Vollie-reünie gaan Namibië toe!

nuus

REËLINGS vir die opening van ’n Vollie Museum in die CP Nel Museum op Oudtshoorn is reeds ver gevorder.

Die Vollies verwys na die oud-studente van die destydse Onderwyskollege Suid-Kaapland (OKSK) wat sy deure in 1996 gesluit het.

Volgens Farouk Wicomb, koördineerder van die projek, is die datum vir die opening reeds vasgestel vir Saterdag, 18 Februarie.

Verblyf vir die aand is beskikbaar by die koshuis van Bridgton Sekondêr teen R170 per persoon, ontbyt ingesluit.

Vollies wat die openingsaand wil bywoon, kan David Piedt by 044 272 2323 of sel 083 4123160 skakel. E-pos: dapiedt@gmail.com.

Die Vollie-boek oor die geskiedenis van die OKSK is volgens Wicomb ook in ’n gevorderde stadium.

Vollies kan nog bydraes aanstuur, maar die grootste dringendheid is die verkryging van advertensies.

Wicomb het ’n beroep op Vollies gedoen om te help deur besighede of ander instansies te nader om ’n advertensie in die boek te plaas.

Volgens hom sal 219 van die boeke gedruk word en teen R120 aan oud-studente verkoop word. Wicomb kan vir meer besonderhede geskakel word by 041 991 0909 of 072 606 2976. E-pos: farwic2@gmail.com.