91,4% vir Jacobus en Nathania!

Langenhoven Gimnasium se Natania Truter, by haar graadhoof, me Annelie Knoetze. Natania is een van vier Gimmies met sewe A’s. Sy spog met ’n gemiddeld van 91,4%.

Langenhoven Gimnasium se Natania Truter, by haar graadhoof, me Annelie Knoetze. Natania is een van vier Gimmies met sewe A’s. Sy spog met ’n gemiddeld van 91,4%.

TWEE van die Klein Karoo se matrieks van 2016 spog met gemiddelde persentasies van meer as 91% en 15 vakonderskeidings tussen hulle.

Dié slimkoppe is die oud-hoofseun van die Hoërskool Oudtshoorn, Jaco­bus King, met 91,4% en agt vakon­der­skei­dings en en Nathania Truter van Langenhoven Gimnasium, ook met 91,4% en sewe vakonderskei­dings.

Amré McCullam van die Hoër­skool Oudtshoorn het ook agt vak­onder­skei­dings behaal en nege leerders uit die streek sewe onderskei­dings. Hulle is die Hoërskool Oudts­hoorn se Leah-Zanne Barnard, Julia Eaglestone, Kara Stander en Anria Jor­daan, Langenho­ven Gimnasium se Nathania Truter, Marli Marais, Viviers Strauss en Melis­sa Kock, en Marcel Simpson van die Hoërskool Ladismith.

Twee skole, Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Ladismith, spog met ’n 100 %-slaagsyfer.

• Langenhoven Gimnasium is baie trots op die uitslae, sê die skoolhoof, Stefanus Potgieter. “Dit is ongelooflike uitslae.”

Die skool se 148 matrieks spog met ’n 100 %-slaagsyfer, 11 leerders met ’n A-gemiddeld, en 61% van die matrieks wat gekwalifiseer het vir graadstudie – die hoogste syfer in die geskiedenis van die skool. Die res van die matrieks kwalifiseer almal vir diplomastudie aan ’n tersiêre instel­ling. Vier van die skool se leerders het sewe A’s behaal, vier ses A’s, twee vyf A’s en sewe vier A’ s

• By die Hoërskool Oudtshoorn het 15 matrieks A-gemiddeldes behaal met twee wat spog met agt A’s, drie met sewe A’s, vyf met ses A’s en vier met vyf A’s.

Volgens Coenie de Vos, skoolhoof, is die skool se slaagsyfer 98,2%. Van die 116 matriekkandidate van die skool het 112 die eindeksamen geslaag, twee nie die eksamen voltooi het nie en twee nie geslaag nie. “Die Hoërskool Oudts-hoorn is baie trots daarop dat 81 matrieks universiteitstoelating gekry het.”

De Vos sê die uitslae het hul verwagtinge oortref. “In die September-eksamen het elf matrikulante ’n A-gemiddeld behaal en nou in die eindeksa-men het ons vyftien kandidate met ’n A-gemiddeld.”

• Ander skole in die streek het ook vanjaar baie mooi uitslae opgelewer. Lees op bladsye 2, 6, 7, 8, 9 en 11 meer oor dié prestasies en presteerders.