Vliegtuig val noord van Oudtshoorn

Die Cessna C210 wat gister noord van Oudtshoorn geval het.

Die Cessna C210 wat gister noord van Oudtshoorn geval het.

Vliegongeluk1

‘n Cessna C210-vliegtuig wat aan Doug Delange – ‘n boer van Graaff-Reinet – behoort, het gister, vermoedelik vroeg die middag, enkele kilometer noord van Oudtshoorn op weermaggrond geval.

Twee mense het in die vliegongeluk gesterf. Volgens alle aanduidings is die oorledenes Delange en een van sy werknemers. Kapt Malcolm Pojie. Suid-Kaapse Polisiewoordvoerder, het aangedui dat die name eers deur die polisie bekend gemaak sal word wanneer dit bevestig kan word.

Die vliegtuig, wat van Mosselbaai na Graaff-Reinet onderweg was, is gistermiddag as vermis aangemeld. Dit was gister bewolk in die Oudtshoorn-gebied met ligte reën wat in stadiums geval het.

Die toneel van die ongeluk is nie toeganklik vir die publiek nie. (Foto’s verskaf. Berig: Die Hoorn)