Raubenheimerdam se stompe en takke verwyder

Foto's: Johan Uys

Foto’s: Johan Uys

Rdam opruim1 Johan UysRdam
Die stompe, takke en opdrifsels wat op die wal van die Raubenheimerdam, Oudtshoorn se drinkwaterdam, gelê het na stortreën verlede week, is vanoggend deur munisipale werkers opgelaai en na ‘n gebied bokant die hoogwatermerk geneem sodat dit nie weer in die dam beland as die watervlak styg nie. Die stompe en takke is Woensdag deur ‘n groep van 13 roeiers – vyf munisipale amptenare en agt vrywilligers van Impulse Karo – uit die dam verwyder.

Johan Uys, bestuurder grootmaatwater by die munisipaliteit, het vanoggend inwoners gevra om voorlopig voort te gaan om drinkwater te kook voordat hulle dit drink nadat ‘n geringe E. coli-telling nog op een plek in die dorp getoets is. Die uitslae van watermonsters wat die Eden Distriksmunisipaliteit se Gesondheidsafdeling Dinsdag op vier plekke in die dorp se waterverspreidingsnetwerk geneem het, het getoon dat drie plekke geen E.coli bevat nie, terwyl daar by een plek ‘n E. coli-telling van 2 was.