Vlak 3: Kango Grotte open weer sy deure

DIE Kango Grotte, seker die grootste toerismeaantreklikheid in die Klein Karoo, is weer oop vir besoe­kers nadat die inperkingsmaat­reëls verlede week van Vlak 4 na Vlak 3 aangepas is.

Besprekings is egter noodsaaklik by een van die volgende nommers: 066 486 9475 of 082 303 0029.

Ook die CP Nel Museum op Oudts­hoorn het weer sy deure op 26 Julie geopen nadat die land na Vlak 3 beweeg het.

Die museum is Maandae tot Vrydae oop van 09:00 tot 15:00, maar Saterdae en Sondae gesluit.

Die Swartbergpas wat met die erge sneeuval tot verlede week tydelik gesluit was, is ook teen die einde van verlede week oopgestel. (Deur Liesel le Roux)