Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Polisie wag tans op uitslae van vingerafdrukke wat verlede Woensdagoggend op die toneel van ’n oornag-inbraak by Timbercity gekry is, sê kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie.
Die inbraak, wat deur die eienaar van Timbercity, Andre van Greunen, as ’n “professionele job” bestempel is, het plaasgevind toe diewe oornag deur die besigheid se dak ingebreek het.
Shaun Westraad, bestuurder van Timbercity, het Dinsdag aan Die Hoorn gesê dat hulle baie oproepe ontvang van die publiek met wenke.
• Van Greunen, het verlede week ’n beloning van R20 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die skuldigbevinding van die oortreders.
(Die beloning is verlede week foutief in Die Hoorn aangedui as R200 000.)