Vermy so die lang toue by Oudtshoorn Verkeer

DIEGENE wat die lang toue by die Verkeersafdeling op Oudtshoorn wil vermy, kan op die volgende manier hul voertuig­lisensies hernu.

Kontak vir Thami by die Verkeersafdeling by tel 044 203 3914, gee die betrokke voertuig se registrasienommer en vra wat die bedrag vir die hernuwing beloop.

Betaal die bedrag in die volgende rekening: Oudtshoorn Munisipaliteit Verkeersafdeling, Standard Bank, Rekeningnr: 082809097, Takkode: 050514, en verstrek ook u voertuig se registrasienommer as verwysing.

Moet asb nie die bankrekening vir gewone munisipale rekeninge hiervoor gebruik nie.

Sodra die lisensieskyfie gereed is, sal die verkeersafdeling u skakel om dit af te haal.

Be the first to comment on "Vermy so die lang toue by Oudtshoorn Verkeer"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*