DIE Oudtshoorn Polisie het ’n man in Bridgton in hegtenis geneem vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die man Saterdagaand omstreeks 19:30 met ’n 9 MM PAR Star F/Arm en 3 rondtes in sy besit vasgetrek.
Die 36-jarige verdagte is van Prins Albert.
Hy kon nie eienaarskap van die vuurwapen toon nie.
Die vuurwapen is voorheen as gesteel aangemeld.