Die geskiedkundige hangbrug op Oudtshoorn is gevandaliseer is toe mense vuur op die brug gemaak het. Die brug is gesluit omdat dit nie tans veilig is om te gebruik nie. Foto verskaf
Deur Liesel le Roux
DIE geskiedkundige hangbrug op Oudtshoorn is die week gesluit nadat dit gevandaliseer is toe mense vuur op ’n loopplank op die brug gemaak het. Verskeie van die nuwe loopplanke op die brug is ook gesteel.
Die brug wat in 1914 voltooi is om inwoners te help om die Grobbelaarsrivier veilig tydens die reënseisoen te kruis, is in Augustus verlede jaar weer oopgestel nadat omvattende herstelwerk daaraan gedoen is. Die herstelwerk was nodig as gevolg van erge verwering oor die jare ingetree maar ook die diefstal van loopplanke.
Die hangbrug is in 1964 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Deesdae staan dié gedenkwaardighede bekend as provinsiale erfenisgebiede.