Erik van Rooyen.
Die voormalige Oudtshoorniet en oud-leerder van die Hoërskool Oudtshoorn, Erik van Rooyen (29), het gister Suid-Afrika se naam hoog gehou met sy oorwinning in die Skandinawiese Ope in Gotenburg in Swede. Van Rooyen was sedert sy skooldae op Oudtshoorn ‘n gedugte gholfspeler!