Preston Titus-moordsaak weer vanoggend voortgesit

Justice Mooi (links) en Magdaleen (Maggie) Titus, twee van die beskuldigdes in die saak. Foto: Angelique Erasmus

DIE verhoor van die vier verdagtes in die Preston Titus-moordsaak word vandag in die rondgaande hof op Oudtshoorn voortgesit nadat dit einde Mei uitgestel moes word omdat  twee van die beskuldigdes, Magdaleen (Maggie) Titus en Nastashia Stuurman, nie hul regsverteenwoordigers betaal het nie.

Sy is diep teleurgesteld oor die vertraging van die hofsaak wat die staat derduisende rand uit die sak jaag, het regter Nolwazi Boqwana gesê toe sy die saak moes uitstel. Dit is uitgestel om van 25 Augustus tot 20 September verhoor te word.