Van der Walt wen virtuele Parkrun met eerste deelname

PIETER van der Walt het Saterdag met sy eerste deelname aan die virtuele Oudtshoorn Parkrun, met ’n uitstekende tyd van 20 minute 42 sekondes gewen.

Dit was die vyftiende virtuele Parkrun sedert Covid-19-regulasies geïmplimenteer, en sport-aktiwiteite en die samekoms van groepe mense verbied is.

Jacques Dyason (23:12) was tweede en Tarren Jullies (24:14) derde.
Sarterdag se deelnemers, met hul tye, was verder Albertus Kennedy (26:24), Francois Le Roux (26:30), Johann Coetzer (27:05), Conrad Julies (27:06), Fanie Olivier (27:53), Abraham Hendricks (27:58), Bart Saaiman (30:00), Annemarie Le Roux (30:00), Henry Carstens (30:51), Hildegard Bruwer (32:31), Helena Smit (32:54), Belinda Muller (35:52), Sylvia Le Roux (37:11), Hestia Burger (38:30), Carl Herholdt (39:52), Leonie Stuurman (40:05), Gertruida Roux (40:22), Geraldine Loftie-Eaton (44:56), Garnett Wicomb (45:47), Deon Jacobs (53:00) en Echbert Le Roux (54:08). (Deur Garnett Wicomb)