’n Man van Toekomsrus wat sy 64-jarige ma aangerand het, is in die streekhof gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan hy ten minste tien maande agter tralies sal moet deurbring.
Die 36-jarige Angeneilo Kammies het op 1 November 2024 sy bejaarde ma op die grond gegooi, geskop en geslaan. Hy het skuldig gepleit en gesê dat hy onder die invloed van alkohol en dwelms was.
Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê kinders wat hul hande vir ’n ouer lig nie goedgepraat kan word nie en Kammies kan nie net oor die vingers getik word nie.
Die hof moet sy pligte op ’n verantwoordelike wyse uitvoer en die regte boodskap uitstuur. (GARNETT WICOMB)
Uit die hof: Man wat ma aanrand tronk toe
Generiese foto