Alhoewel die polisie bevestig het dat ’n liggaam van ’n man (21) in die vroeë oggendure van 2 Mei in Wagnerstraat gevind is, is daar geen amptelike inligting oor die omstandighede rondom sy dood nie.
Die Hoorn het inligting ontvang dat ’n persoon wat gepoog het om ’n kragkabel af te sny doodgeskok is. ’n Navraag is aan die polisie se kommunikasiebeampte in die Suid-Kaap gestuur.
In reaksie het sers. Chris Spies Maandag gesê: “Circumstances surrounding the death of a 21 year old man at a premises at Wagner Street, Oudtshoorn on 02 May 2025 at about 03:30 is under investigation. According to reports available, police were summoned to the scene after an unresponsive man was found by security personnel on site. On arrival they found the man who was later declared dead by paramedics on scene. An inquest docket was opened for further investigation.”
Volgens inligting wat Die Hoorn Dinsdag van bronne ontvang het, het die man glo teen ’n kragpaal van bykans 9 meter opgeklim om ’n krag-kabel met ’n mes af te sny. In die proses is hy geskok waarna hy geval het. Dit het ook aan die lig gekom dat dieselfde persoon glo in die verlede en so onlangs as twee weke gelede met kabelsdiefstal verbind is. (HANNES VISSER)
Liggaam glo dié van voornemende kabeldief
