Uit die hof: Jacques Liebenberg moordsaak

Die saak teen twee mans van Dysselsdorp wat glo deur die 25-jarige Herman Redelinghuys gehuur is om sy stiefbroer, Jacques Liebenberg, te vermoor, is in die Oudshoorn streekhof vir pleit en verhoor tot 5 Augustus 2025 uitgestel.

Redelinghuys het skuldig gepleit en is 25 jaar tronkstraf opgelê op voorwaarde dat hy teen sy twee medebeskuldigdes, Abraham Swartbooi en Abriel Isaacs, sal getuig. Hulle het aangedui dat hulle onskuldig gaan pleit.

Redelinghuys het na bewering op 11 Januarie 2023, Swartbooi en Isaacs gehuur, om Liebenberg op die Kammanassiepad buite Dysselsdorp te vermoor. Die saak teen hulle is na die streekhof oorgeplaas. Streeklanddros Daniel Boks het die saak vir pleit en verhoor tot Augustusmaand uitgestel. Hulle bly in aanhouding. (GARNETT WICOMB)