Tydelike poste beskikbaar by KKNK 2026

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vier in 2026 sy 30ste bestaansjaar, en aansoeke vir tydelike werk by die fees kan nou aanlyn ingedien word.

Enigiemand tussen 16 en 60 jaar oud kan aansoek doen, ongeag erva-ring, solank jy entoesiasties is en graag deel wil wees van die feesspan.

Verskeie poste is beskikbaar, insluitend hekbeamptes, algemene werkers in tegniese en logistieke spanne, kelners, drywers, skoonma-kers en assistente.

Die werk bied nie net ’n kans om waardevolle ervaring op te doen nie, maar ook om nuwe mense te ontmoet en by te dra tot ’n onvergeetlike erva-ring vir die duisende feesgangers wat die KKNK bywoon. Aansoeke kan by www.kknk.co.za/aansoekvorm-vir- tydelike-werk ingedien word.

Slegs een aansoek per persoon word aanvaar. Die sluitingsdatum is Vrydag 30 Januarie 2026 om 16:00. Navrae kan gerig word aan Adrian Patrick via e-pos (adrian@kunste. org.za), die KKNK-kantoor (044 203 8600) of per WhatsApp (065 285 2337).