‘n Vrou van Dysselsdorp wat meer as nege maande gelede ernstige brandwonde tydens ‘n gasontploffing in die mobiele kombuis van die Laerskool PJ Badenhorst op Dysselsdorp opgedoen het, is die week oorlede.
Ursula Eva Claassen is volgens Sarah Herman, ‘n gemeenskapswerker en afgetrede verpleegster van Dysselsdorp wat eerste op die toneel was om die vroue die betrokke oggend te help, Maandagoggend oorlede.
Claassen was die skool se hoofkok.
Haar assistent, Ursula August (44), het drie dae na die ontploffing op Vrydag, 27 Mei 2016, aan haar brandwonde beswyk.
Die twee vroue was die oggend van die ontploffing soos gewoonlik eerste by die skool om met die dag se voedselvoorbereiding vir leerders te begin toe die onploffing plaasgevind het.
Claassen word Saterdagoggend om 11:00 vanuit die Pinkster Kerk in St Konradstraat, Dysselsdorp, gebrawe. Die huisdiens te Baadjiesstraat begin om 9 uur.
(Berig en foto: Garnett Wicomb)