Die verhoor van twee jeugdiges, wat ’n seun (15) in die Oudtshoorn polisieselle aangerand en verkrag het, is Dinsdag in die Oudtshoorn streekhof vir vonnisoplegging tot 23 Julie 2025 uitgestel. Hulle is onderskeidelik 18 en 16 jaar oud.
Die klaer het getuig dat hy die aand van 20 Augustus 2023 baie bang was vir die twee beskuldigdes en hom nie teëgesit het toe hulle hom om die beurt verkrag het nie.
Hy het egter die volgende oggend die voorvalle onmiddellik by die polisie aangemeld, waarna hy na ’n ander sel geskuif is.
In ’n slagofferimpakverslag sê hy dat sy “hele lewe deurmekaar is.”
Hy het skool verlaat omdat leerders hom spot en hy nie meer vriende het nie.
Die twee beskuldigdes het in hul pleitverduidelikings onskuldig ge-pleit op die klagtes van verkrag-ting. Hulle het erken wel dat hulle met die klaer geslagsgemeenskap gehad het, maar dit met sy toestemming was.
Hulle het egter onder eed skuld erken.
Streeklanddros Daniel Boks het die saak vir die bestudering van verskeie dokumente wat deur die staat ingehandig is, onder andere ’n slagofferimpakverklaring van die klaer en ’n korrektiewe verslag tot 23 Julie 2025 uitgestel. (GARNETT WICOMB)
Twee jeugdiges skuldig aan verkragting van 15-jarige seun
