Twee formidabele vroue gesels op Vrouedag by Celebratio

TWEE formidabele vroue tree Saterdag 21 November by die granaatplaas Celebratio se eerste vrouedag op – die Kaapse ginekoloog en seksuo­loog dr Marlena du Toit; en die plaaslike skrywer Tania Smit, bekend vir haar boeke Hekelwoorde van my Hart en Heelword.

’n Kaartjie na die vrouedag kos minder as om jou hare of naels te laat doen en jy sal soveel meer daaruit kry. Jy gaan ontspan, lekker lag, lekker eet, ’n paar dinge van jouself (en jou anatomie) leer én jou siel kom verkwik.

Min vroue kry dit reg om “uit die slaapkamer” te praat en baie vroue worstel met een of ander deel van seks en intimiteit. Dr Du Toit praat op ’n informele manier oor die mites en feite van inti­mi­teit. Haar praatjie sal byval vind by alle vroue.

Tania Smit se tweede boek is onlangs gepu­bliseer. Haar skryfstukke vind byval by meeste mense omdat sy die vermoë het om die emosies wat ons almal ervaar in raakvatwoorde om te sit. Haar stukke is eerlik, opreg en in die kol.

Bring jou vriendinne, jou sussie of jou ma en kom ontspan op die plaas vir ’n paar uur – heerlike eetgoed, wyn en ’n granaatsap-en-gin-drankie sal bedien word.

Kaartjies kos R200. Om te bespreek, bel Marita by 082 335 6059, of stuur ’n e-pos met jou kontakbesonderhede aan info@celebratio.co.za.
Weens Covid-protokol is slegs 100 kaartjies beskikbaar.

Die vrouedag word geborg deur Die Hoorn en Grundheim Wines.

Be the first to comment on "Twee formidabele vroue gesels op Vrouedag by Celebratio"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*