Die wenners van Die Hoorn se Buffelsdrift Game Lodge-kompetisie is vandeesweek deur ’n gelukkige trekking uit die korrekte antwoorde getrek. Die korrekte antwoord: Die nuwe ervaring daar is die vrylopende jagluiperd-ervaring. Hier ontvang die wenners, van links Jacqueline Jantjies-Mgalo van Calitzdorp (jagluiperd-ervaring), Yolandi van der Westhuizen van Oudtshoorn (leeuvoer-ervaring) en Salie Coetzee (eennagverblyf, bossafari en olifant-ervaring) hul prysbewyse van Andries van Schalkwyk (besturende direkteur van Buffelsdrift). Foto: Christine Schoeman