Toe kom Kersvader op ’n motorfiets!

Die kleuters van die Pierewiet Crèche in die Volmoed-omgewing buite Oudtshoorn het Vrydag handgemaakte beertjies en Krismisbokse van die Oudtshoorn Rotariërs ontvang, terwyl ’n vriendelike Kersvader op ’n BMW-motorfiets, die Rotariër Leon Coetzee, kom saamkuier het! Die opgradering van die crèche se geboue, klaskamers en terrein was ’n paar jaar gelede ’n projek van die Oudtshoorn Rotariërklub, wat steeds hul betrokkenheid by dié skooltjie behou. Foto: Schalk le Roux; Inlasfoto verskaf