Die Garden Route EdTech-Week is Vrydag, 24 Mei bekendgestel. Die EdTech-Week word bewerkstellig deur Tech-O-Titans, Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD), Sakhikamva Stigting en die Kaapstad Wetenskap-sentrum.
Hulle poog om leerders die geleenthede te gee om die voorste linies van tegnologie en innovasie te verken.
Gedurende die 3 dae sal leerders van verskillende agtergronde dmv verskeie uitdagings en expo’s by STEM-aktiwiteite betrek word. STEM-onderwys verbeter vaardighede in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde en bevorder innovasie, kritiese denke en pro-bleemoplossingsvermoëns wat noodsaaklik is vir die toekoms van die werkswêreld.
“Ons is opgewonde en bevoorreg dat die organiseerders van die EdTech-Week Oudtshoorn gekies het om as gasheer van die geleentheid op te tree. Oudtshoorn beskik oor die infrastruktuur en fasiliteite om te verseker dat die EdTech-Week ’n groot sukses sal wees.” het die Groter Oudtshoorn se burgemeester gesê.
Van die hoogtepunte tydens die EdTech-Week sluit in mikrobit- kodering en robotika, kodering sonder ’n rekenaar, papierstralerskompetisie, drone-uitdaging, kodering om toepassings(App’s) te ontwikkel en verskeie expo’s.
“Kinders en jongmense is almal natuurlike wetenskaplikes, vol nuuskierigheid en probleemoplossings-vermoëns. Al wat hulle nodig het, is die geleentheid, kennis en hulpbronne om wêreldveranderende oplossings te vind. Hierdie EdTech- Week beliggaam die feit dat die toekoms nou is!” het Fatima Jakoet, die stigter van Sakhikamva Stigting gesê. (Deur Heinrich Bosman)
Tegnologie-week in September
Voor: Tara-Ann Diederiks (Kaapstad Wetenskapsentrum), Ashric Don (WKOD), Mathilda Zeeman (WKOD), Theresa Ely-Felino (Kaapstad Wetenskapsentrum). Agter: Okkie Fourie (Tech-o-Titans), Fatima Ja-koet (Sakhikamva Stigting), Jonathan Freese (WKOD), Bafo Yoti (Kaapstad Wetenskapsentrum) en Ockie Cloete (Tech-o-Titans). Foto verskaf