Die skoolvakansie is om die draai, met skole wat net na die eksamen op Vrydag 14 Junie sluit tot Dinsdag, 9 Julie 2024.
Dit is wel nou winter, maar daar is verskeie finansiële voor-dele aan ’n wintervakansie. Verskeie vakansieplekke het win-terpakkette met gratis ekstra aanbiedinge om vakansiegangers te lok.
Daarom is dit belangrik dat, sou jy en die gesin die pad aanpak hierdie vakansie om seker te maak jou voertuig is in ’n goeie toestand. Jul wil immers veilig by jul bestemming uitkom en weer tuis kom.
Verseker dus dat jou voertuig se dienste op datum is en tydig gedoen word. Verskeie werkswinkels bied ’n bekostigbare vakansiediens aan, wat help vir gemoedsrus, veral wanneer daar ver gery gaan word. ’n Negentig of 60-punt toets word aanbe-veel.
Van die belangrikste aspekte om na te gaan is jou motor se olie en water. Maak ook seker jou motor se remblokke is nog voldoende. Jy wil nie êrens in die middel van ’n vlakte sit sonder selfoononpvangs met ’n enjin wat oorverhit omdat daar nie genoeg water in die verkoeler was nie. Of dat jy by ’n styl bult of pas afjaag soos ’n waaghals omdat die remme ingegee het.
Bande is seker een van die belangrikste komponente op jou voertuig om in stand te hou. Daar moet genoeg loopvlak wees en korrekte lugdruk binne die band. Die wielsporing en ba-lansering moet gereeld getoets word, een slaggat op ’n pad kan dit verander.
Om jou bande op te pas kan jou voertuig se gebruikslewe verleng word, sodat niks ratel en skud en daar dalk ’n moer loskom of afdraai nie.
Dieselfde geld vir bande en remme op sleepwaentjies en ka-ravane. Moet ook nie vergeet van die noodwiel op jou voertuig en sleepwa nie. Verseker dat jy ook die nodige toerusting by jou het, sou dit nodig wees om self ’n band te moet ruil. Maak seker jy weet hoe dit gedoen word en leer jou vrou en kinders ook, dit kan hul lewe red.
Daar is ook niks lekkerder as om in ’n skoon voertuig te klim wanneer daar ver gery moet word nie.
Jou motor kan amper as jou 2de huis beskou word, as mens in ag neem hoe gereeld daar van die motor gebruik gemaak word.
As jou voertuig ’n snaakse geluid maak, ruk en pluk, sukkel om aan te skakel of jy vermoed daar mag dalk fout wees, neem eerder jou voertuig na ’n betroubare werkswinkel.
Daar is ook werkswinkels wat spesialiseer in die herstel en diens van Propaste (propshaft) en Turbo’s, komponente wat nie sommer deur enige Jan rap en sy maat herstel kan word nie, dit kan bydra tot meer kopsere en groter finansiële uitgawes.
Hou ook jou versekeringspolisnommer, en noodnommers byderhand ingeval daar wel ’n noodgeval langs die pad plaasvind.
Doen vooraf ’n internetsoektog van verskaffers en hul noodnommers op die roete, sodat daar vinnig hulp gebied kan word.
Laastens, maak seker jou voertuig-, sleepwaentjie- of karavaan- en bestuurslisensie is nog gel-dig om boetes te vermy.
Dalk het jy al ’n geruime tyd lus vir ’n verandering, of jou oog op ’n nuwe model of kleur, dan is daar verskeie opsies wat strek van soort motor, tot enjingrootte, kleur ens. om van te kies en keur.
Loer gerus deur die vertoonvenster van jou gunsteling motorhandelaar vir die blink splinternuwe modelle wat daar pronk.
Tegnologie verbeter jaar na jaar, en een van die dae gaan ons motors dalk hulself bestuur.
Verseker jou voertuig is gereed vir die lang pad
Generiese foto