Eksamens is ’n stresvolle tyd in enige huishouding. Nie net vir die kinders wat maande se werk, feite en somme in hul brein moet inprop, stoor en onthou nie, maar ook vir baie ouers wat net so hard leer en help opsom.
Gelukkig is daar ’n welverdiende vakansie net na die eksamens voor die rapporte wys of die pogings goeie vrugte afgewerp het.
Hier is ’n paar wenke om jou kinders te help en ondersteun, nie net tydens hierdie eksamen en toetsreeks nie, maar ook vir die res van die jaar.
’n Brein wat nie genoeg voedingstowwe kry nie, sukkel nog voor daar eers na ’n boek gekyk word. Daar is baie goeie en natuurlike produkte op die mark wat hiermee kan help.
Van vitamiene, aanvullings en selfs essensiële olies wat gedrink, gesmeer en ingeasem word. Daar is ook verskeie versnaperinge en kossoorte wat spesifiek die brein voed en uit die natuur kom.
As die brein fokus, is die inname van inligting makliker. Maniere van leer verskil ook van kind tot kind. Party moet hul hande besig hou sodat die brein kan fokus, bv. deur met klei of ’n stresbal te speel. Ander moet weekliks of selfs net voor die eksamen begin ekstra klasse bywoon , sodat werk beter verstaan en onthou word.
Ekstra klasse van enige aard is selfs vir die slimste kind voordelig. Dit gee ’n voorsprong en stel hul gerus, sou daar dalk ’n moeilike formule of konsep opduik.
Leermetodes wat verpersoonlik word, sodat dit vir jou unieke kind werk, is van onskatbare waarde. Elke kind leer anders, sommige het fotogeniese breine wat eenmaal lees of kyk en onthou. Ander gebruik kleure, tekeninge of selfs breinkaarte om te leer.
Dit baat om by ’n kenner aan te klop, wat hiermee kan help en dit makliker maak vir jou kind om te leer en te onthou.
Kinders vind ook baat by gereelde masserings met aromaterapie olies. Dit is fantasties om spanning en angs te verlig, voor of na ’n moeilike eksamen. Wanneer ’n liggaam styf en seer is as gevolg van spanning, werk ’n massering wonders om die liggaam en brein te help ontspan.
Dit is ook belangrik om oë gereeld te toets. ’n Kind wat nie goed in die klas kan sien nie of sukkel om te lees, gaan beslis ’n agterstand hê, en gaan sukkel om betyds werk in te haal voor die eksamen begin.
Oudtshoorn is bevoorreg om verskeie opsies, opgeleide persone en van die beste hulpmiddels vir kinders te hê, want nes die kenners, wil hulle ook net die beste vir jou kinders gee.
Eksamenhulp en -wenke
