Die Munisipaliteit het aangekondig dat hulle van voorneme is om die bushokkie by die Provinsiale Hospitaal in Parkweg te verwyder.
Die besluit om die bushokkie te verwyder is geneem op versoek van die hospitaal.
Hierdie voorneme is aan die publiek meegedeel op 11 en 12 April 2024 deur plaaslike koerante, die Munisipaliteit se sosiale mediaplatforms, en die munisipale webwerf. Hierdie optrede stem ooreen met artikel 152 (1)(d) van die Grondwet, wat ten doel het om ‘n veilige en gesonde omgewing te bevorder.
Die administrasie van die Provinsiale Hospitaal het die publiek verseker dat alternatiewe geriewe binne die hospitaalterrein beskikbaar gestel sal word. Hulle het belowe om skuiling binne die hospitaalgronde te bied. (Deur Lindi Brill)
Bushokkie verwyder
Foto: Lindi Brill