Nuwe heining vir Biblioteek

Foto: Lindi Brill

Die CJ Langenhoven Museum in Oudtshoorn spog met ’n splinternuwe duiwelsvurk-omheining.

Hierdie omheining is aangebring om die area rondom die biblioteek skoon te hou en om ’n stil en rustige gebied rondom die biblioteek te verseker.

Die veiligheid van die personeel van die biblioteek sal ook hierdeur verseker word.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, sal die ingange nou langs die kant en aan die voorkant van die biblioteek wees.

“Die enigste probleem kan dalk net wees dat die hekke na-ure gesluit sal wees. Dit veroorsaak dat daar nie meer boeke na-ure terugbesorg sal kan word nie, maar die hekke sal baie vroeg in die oggend oopgemaak word vir enige boeke wat terugbesorg moet word voordat die biblioteek oopmaak”, het Mle in ’n verklaring gesê.