Die Oudtshoorn munisipaliteit het vandeesweek bevestig dat die vier swembaddens in die dorp slaggereed is om oop te maak vir die swemseisoen. Munisipale woordvoerder, Aurelia Mle, het Woensdag in ’n verklaring gesê die NA Smit, Kerkstraat-, Bridgton- en Bongolethu swembaddens is in ’n perfekte toestand vir die opkomende seisoen.
Die swembaddens maak gedurende November oop, maar ’n spesifieke datum is nog nie bekend nie. Volgens Mle sal die munispaliteit die gemeenskap dadelik laat weet indien enige onvoorsiene kwessies die swemtye dalk kan raak.
Die swembaddens sal gedurende die volgende tye oop wees:
November: Slegs naweke
Desember tot Februarie: Maandae tot Saterdae van 10:00 tot 18:00 en Sondae van 12:00 tot 18:00
Maart: Slegs naweke. Saterdae van 10:00 tot 18:00 en Sondae van 12:00 tot 18:00
Toegangselde beloop R19 per volwassene en R6 per kind.
Swembaddens gereed vir swemseisoen
