“Jou Eie” sentrummaak hul deure oop

Klein Karoo Agri se “jou eie” geriefsinkopiesentrum se deure is nou oop. ’n Jaar nadat die aankondiging gemaak is dat Klein Karoo Agri die nuwe sentrum en nog ander ontwikkelings op die oop stuk grond in Parkweg gaan bou, is die projek verwesenlik.

Hulle het gister, 31 Oktober, amptelik oopgemaak. Die meerderheid van die werknemers wat aan die gebou gewerk het is inwoners van Oudtshoorn en Dysselsdorp.

Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, het Woensdagaand tydens die opening hulle bestaande sowel as nuwe huurders verwelkom en bedank vir die ondersteuning die afgelope maande. “Almal is welkom.

Kom maak die sentrum ‘jou eie’, nes Klein Karoo Agri se slagspreuk,” het hy gesê. Die sentrum spog met 8 nuwe winkels. Besoek hulle gerus. Foto: Angelique Erasmus