’n Groot fees wag op De Rust op Saterdag 30 November as die NG Gemeente die kerk se 125ste bestaansjaar vier. Die program sluit ’n kunsuitstalling, argiefsuitstalling, orreluitvoering en ’n oudiovisulele program in.
Op die kerkgronde word ’n Kersmark met stalletjies aangebied en vir diegene met oordadige energie is daar perderitte en boeresport. Toegang tot die fees beloop R20 en kaartjies vir die spitbraai is slegs R50, maar daar is slegs 200 kaartjies beskikbaar.
Die hoogtepunt van die fees is ’n optrede deur Coenie de Villiers om 19:00 teen R150 per kaartjie.
Die feesvieringe word Sondagoggend afgesluit met ’n Nagmaaldiens om 09:30 waarby oudpredikante betrokke sal wees.
(Vir navrae skalel Willie Immelman (082 952 2001) of Zaan-Mari (082 808 3277).
NG Kerk De Rust vier 125 jaar
