Swartbergpas onbepaald gesluit

So lyk die Swartbergpas naby Prins Albert nadat ’n flitsvloed groot dele daarvan op 10 April vernietig het. Die foto is deur Roeland Gabriel van Swartberg Mountain Tours geneem.

So lyk die Swartbergpas naby Prins Albert nadat ’n flitsvloed groot dele daarvan op 10 April vernietig het. Die foto is deur Roeland Gabriel van Swartberg Mountain Tours geneem.

Deur Liesel le Roux
DIE Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prins Albert is onbepaald gesluit nadat die pas op 9 en 10 April totaal aan die Prins Albert-kant van die berg verspoel het.

Volgens die munisipale bestuurder van die Prins Albert Munisipaliteit, Heinrich Mettler, is die pad vanaf Tweede Water tot by Prins Albert heeltemal vernietig deur water.

“Die pad is weg,” het hy gesê.
Toegang tot Gamkaskloof (Die Hel) is wel nog van Oudtshoorn se kant af bereikbaar.
Dit sal na verneem word geruime tyd duur om die deel van die pad wat weggepoel het, te herbou.
Die Swartbergpas is wêreldwyd bekend en bykans legendaries. Dit is ontwerp deur die briljante padbouer en ingenieur Thomas Charles Bain en tussen 1830 en 1893 deur gevangenes gebou.