Die vrou van Bridgton wat daarvan aangekla word dat sy haar sewejarige seuntjie vermoor het, gaan in die streekhof verhoor word.
Die 39-jarige ma, Drezene Jonkerman, het met haar borgtogaansoek die wenkbroue laat lig toe sy beken het dat sy haar kind, Ashwin Jonkerman, verwurg het.
Die saak is verlede week in die distrikshof vir verhoor in die streekhof tot 20 Januarie 2025 uitgestel.
Jonkerman het na haar inhegtenisneming op 21 Augustus vanjaar, aan ’n vroue-polisiebeampte, sers Sharone Flemmer, beken dat sy haar seuntjie verwurg het toe sy die kind se pa in sy gesig gesien en besluit het om hom dood te maak.
Sy het glo later agtergekom dat dit haar eie kind was. Sy bly in aanhouding. (GARNETT WICOMB)