
OUDTSHOORNIETE en besoekers aan Oudtshoorn word genooi om vandag om 13:30 aan te sluit by ‘n stille protesoptrede in die straat voor die CP Nel Museum in Oudtshoorn.
Die vreedsame byeenkoms onder die vaandel van #ZumaMustFall #SouthAfricaWillRise sal 15 minute lank duur.
Duisende Suid-Afrikaners sal vandag in stede en dorpe dwarsoor die land deelneem aan anti-Zuma-optogte en -optrede.
Die kort byeenkoms op Oudtshooorn is deur besorgde inwoners gereël en kennis daarvan is vroeër vandeesweek aan die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit en die polisie gegee.
‘n Kennisgewing van die byeenkoms het gister in Die Hoorn verskyn. Dit lees soos volg:
Elke Suid-Afrikaner wat nie kans sien om langer korrupsie te ondersteun nie, moet dit op die een of ander manier wys op Vrydag, 7 April 2017. Kom sluit aan by Oudtshoorniete wat hul misnoeë gaan toon deur vir 15 minte in stilte te staan vanaf 13:30 tot 13:45 in die straat voor die CP Nel Museum.