Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie, in samewerking met Lottotland.
Oudtshoorniete het kans om vir Oudtshoorn te stem as Dorp van die Jaar. Een van die vereistes is dat die dorp minder as 500 000 inwoners moet hê, en in Suid-Afrika of Namibië wees.
Stem vir Oudtshoorn deur ’n sms te stuur na 33157 (teen ’n koste van R1,50 per sms) voor 12:00 op 15 Maart 2024, wanneer nominasies sluit.
Daar kan meer as een dorpie genomineer word, en geen beperking op die aantal sms’s vir ’n spesifieke dorp nie. (Slegs een naam per sms word wel toegelaat).
Oudtshoorn het beslis baie om oor te spog, met verskeie toerisme besiens-waardigheid, die KKNK wat jaarliks hier aangebied word, die mooi Karoo- landskap, vriendelike inwoners en natuurlik, ons volstruise, waarvoor die dorp bekend is.
Drie dorpe uit elke nege streke sal gekies word en sal dan op 14, 21 en 28 April na die semi-finale rondtes deurdring. Die publiek sal dan ’n week kry om vir hul gunstelingdorp te stem, en slegs 30 sms’s per nommer word toegelaat. Die dorp met die meeste stemme sal hul streek verteenwoordig tydens die finale rondte.
Kwêla sal dan ’n insetsel verfilm van elke dorp wat deurgedring het.
Al nege dorpe sal dan op Kwêla gewys word, waarna die publiek vanaf 19:00 op 14 Julie tot 12:00 op 19 Julie kans kry om vir hul wendorp te stem.
Die dorp wat as wenner aangewys word wen ’n reuse prys wat R1 miljoen se bemarkingswaarde op kykNet insluit.
’n Groot opskop word ook beplan om die wendorp wat musiek, kos, pret en baie gees beloof.
Lottoland skenk ook ’n kontantprys van R1 miljoen aan die wendorp, wat in die dorp spandeer word en waarvan die aanwending ook geoudit sal word.
’n Besigheidsplan sal vooraf deur elke finalisdorp ingedien word, waarop die beoogde wengeld spandeer sal word.
Stem vir Oudtshoorn as Dorp van die Jaar
Foto: Die Hoorn Facebook