Soldaatgraf ’n tweede keer gevandaliseer

Die soldaatbeeldjie soos dit die naweek op Johan Meyer se graf gevind is. Foto verskaf

DIE graf van Johann Meyer (20), ’n jong Oudts­hoorniet wat in 1987 in die grensoorlog in Angola gesterf het, is ’n tweede keer gevandaliseer.

’n Soldaatbeeldjie wat in Junie 2017 op Meyer se graf in die Oudts­hoorn Begraafplaas geplaas is nadat ’n vorige beeldjie in 2016 afgebreek is, is nou ook afgebreek.

Jaco Steenberg, voorsitter die Swartberg-sektor van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) wat saam met die Moths die graf in 2017 met die hulp van skenkings herstel het, sê hy is oor die naweek deur Meyer se broer Jaco, wat in die Suid-Kaap woon, ingelig oor die nuwe vandalisme.

Johann, wat lid was van 32 Bataljon, het volgens die webtuistes www.southafricawargraves.org en www.warbooks.co.za op 25 November 1987 in Suid-Oos Angola gesterf toe ’n ratel tydens ’n geveg deur ’n mortier getref is.

Die afgebreekte beeldjie is – net soos die vorige keer – by die graf gelos.
Die beeldjie is in 2017 deur Jaco van Niekerk, ’n beeldhouer van Meyerton, gemaak vir die restourasie van Meyer se graf deur die SAWV. (Deur Liesel le Roux)

1 Comment on "Soldaatgraf ’n tweede keer gevandaliseer"

  1. Louis Beaumont | January 26, 2020 at 5:16 pm |

    Absolute criminals. Whoever does this has no respect.

Comments are closed.