Dit is daardie tyd van die jaar waar die begroting vir die volgende boekjaar gefinaliseer moet word. Die munisipaliteit hou verskeie vergaders (Burgemeester Imbizos) in die verskeie wyke.
Elke inwoner is welkom om hierdie vergaderings by te woon en hul insae oor die begroting te lewer.
Wyke 1, 2, 3 en 7 se Imbizo was Dinsdag, 16 April en was ek verras oor die hoeveelheid inwoners wat die vergadering bygewoon het. Dit is die meeste wat ek al by sulke vergaderings gesien het.
Die formaat was hierdie jaar so bietjie anders en inwoners kon met die verskeie departemente oor die begroting gaan vrae vra. Die finansiesdepartement was omtrent besig.
Die konsepbegroting vir die 2024/2025 boekjaar (1 Jule 2024 – 30 Junie 2025) kan soos volg opgesom word:
Die elektrisiteitsverhoging is nog onderhewig aan NERSA goedkeuring. Die munisipaliteit betaal 15,1% meer op hul grootmaat aankope, maar inwoners se elektrisiteitsverhoging mag net 12,75% styg.
In die tabel hieronder is ’n voorstelling van hoe jou munisipale koste gaan styg. ’n Gemiddelde huishouding is gebruik om die berekinge te doen. Die huis het ’n koopkragmeter en 2 toilette op die perseel. (Deur Heinrich Bosman)
