So lyk die nuutste Covid-19 syfers vir die Groter Oudtshoorn, Kannaland en Prins Albert

VOLGENS die nuutste Covid-19-syfers wat gister deur die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid bekend gemaak is, staan die totale aantal bevestigde gevalle (sedert die aanvang van die pandemie) vir die Groter Oudtshoorn nou op 1 087.

738 mense het al herstel met 293 aktiewe ge­valle. Volgens die syfers wil dit voor­kom of daar reeds 56 sterftes was.

In Kannaland was die totale aantal bevestigde gevalle teen gister 102, met 95 mense wat herstel het, 6 aktiewe gevalle en 1 sterfte. In Prins Albert is daar 16 be­vestigde gevalle tot dusver met 11 mense wat herstel het en 5 aktief.