Sleutelborge steun Dryland nog 3 jr

’n Toneel uit die Momentum Health Cape Pioneer Trek presented by Biogen van 2018. Foto verskaf

DIE “wêreldgehalte’-geleenthede wat Dryland Event Management aanbied, is die rede waarom die twee sleutelborge, Momentum Health en Biogen, besluit het om hul borgskappe van die Attakwas Extreme,

Tankwa Trek en Cape Pioneer Trek met drie jaar te verleng.

Dit is goeie nuus vir Dryland Event Management wat op Oudtshoorn gesetel is en verskeie van Suid-Afrika se voorste bergfietswed­renne en veldwedlope aanbied.

Damian McHugh van Momentum Health sê dit was vir Momentum ’n maklike besluit om die borgskap te hernu. “Bergfietsry is gewild onder topryers so-wel as gesinne wat saam aktief wil wees, en die organiseerders het met elke resies waarby ons nog betrokke was, ’n wêreldklasgeleentheid aangebied.”

Ook Brandon Fairweather van Biogen sê hulle wil as ’n sport- en welstand-handelsmerk geleenthede borg wat gesondheid, welstand en mededingende sport- soorte bevorder. “Dryland spesialiseer daarin om wêreldklas- en hoogs mededingende buitelug- en uithougeleenthede aan te bied.”

Henco Rademeyer, direkteur van Dryland, sê Dryland se verhouding met die twee borge is nie net die konvensionele verhouding nie, maar ’n persoonlike verhouding. “Dryland is trots, bevoorreg en geëerd om hulle aan boord te hê,”

Dié borgskappe is ’n veer in die hoed vir dié Oudtshoorn-onderneming, veral in die lig van die land se stywe ekonomiese toestande en ’n algemene afname in deelname aan bergfietswedrenne te midde van ’n ooraanbieding van uithou- en buitelug-geleenthede.

Dryland ervaar egter steeds ’n toename in deelnemers aan hul fietswedrenne.

Al drie wedrenne wat Momentum Health en Biogen borg, groei steeds in statuur en gewildheid – nasionaal en internasionaal – en lok van die grootste name in die sport. Die drie wedrenne spog ook met UCI-status, wat nasionaal en internasionaal topryers lok.
2019 se Momentum Health Attakwas Extreme presented by Biogen en die Momentum Health Tankwa

Trek presented by Biogen het reeds vanjaar plaasgevind, met die Momentum Health Cape Pioneer Trek presented by Biogen wat in September plaasvind.